H. S. Cilliers-Preller (original) (raw)

Herkenning
The following translation (by Bertie du Plessis)
is an extract in Rika's fourth and last volume of poetry,
Spirakel (Spiracle), pp 57- 58, and refers to the
painting, titled "Rage, rage against the dying of the light"
by Bertie du Plessis, 1990 airbrush acrylic on canvas
80 cm by 120 cm. In the possession of Dr & Mrs BP Botha

'No Polaroid can equal your airbrush
in consummate shimmering...
the other flowers rage colour rich
uninhibited, violating
boundary and circumference;
meticulously blown up, but therefore
unrealistic: so smoothly executed
they shrill against textures of decay -
against so much mortal "flower-hood"

'And you, whom I recognise for a flower,
in this accidental encounter, making small talk,
inspire me to reciprocate, to paint
what is as yet outside the frame
but even so already encapsulated:

'first the iris flaps its wings, then withers,
thin veins lose their tensile strength
falter, unable to bear the flower's weight,
sap evaporates,
leaf after leaf curls back unto themselves
and dries into a cheroot
then, more tender than the very first bud,
praying mantis, with breath bated in a spiracle
morphs into a twig
settling on my palm.'

Soewenier

Haak my hart aan geen poskaart of almanak
van boerinne in versteende idilles
met kopdoek en voorskoot, geheup
om 'n oes van aartappels;
kersvers foto's van lig-
priemende katedrale
� eeue oue verwisseling
van stillewes
(vermy o.m.: snuisterye, streelstowwe,
gesteentes, gekodeerde, geblikte,
gebottelde beloftes)
vir my wat rusteloos tussen einders
bly, bring van jou tog: die koors
en koelte van 'n vergeleë hemel
met brokke wolk en skadusleepsel;
die rowe van vergange winters
in ontsapte stamme, 'n deurskynblaar
se spartel aan die ontwykende lente
vol gefluisterde lewe in weeïge woude
wat kruin en vermolm, en, in mere,
water wat om vingers slib �
Ook: iéts van die swart aarde wat gis
oor gekelderde lewe, ingegrys in
bewasemde vertrekke, broeiende
komberse en omhelsings �
tot die filigraan van takke
sneeu aftik teen n�g 'n ruit,
geluidloos smelt en net
forensiese duimdrukke
van liefde, grensloos
� soos orals elders �
verjaar in die stof
tussen pleister en stene
mag ek vra (om die klippe wat blind bly,
die voëls sonder naam, blom sonder kleur,
die vreemde sillabes wat sonder inhoud val
in die grys negatief van die verbeelding):
hoe ánders brand daardie vure?
hoe kil skyn elektriese lig ook dáár
op weerbarstige vel, hoe sag die raakvat
van vereelte hande? bly wondbaar ook
daardie monde? talm suur en stysel
op die tong, skroei konjak
die slukderm tot in die lende?
en jy, vervaarde vriend, wat reis-
brosjures rakel, met stem wat styg
oor soeweniers, vra roekeloos:
wat wil JY hê?
wat moet ek vir j�� bring?