Tuisblad (original) (raw)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Voorbladartikel Die Hetitiese Ryk omstreeks 1400 v.C. in blou.Die Hetiete of Hittiete was 'n Anatoliese Indo-Europese volk wat in die Bronstydperk een van die eerste groot beskawings in Wes-Asië gevorm het. Hulle het waarskynlik van oorkant die Swartsee gekom en hulle in die vroeë 2de millennium v.C. in die hedendaagse Turkye gevestig. Hulle het 'n reeks state in Noordsentraal-Anatolië gevestig, insluitende die koninkryk Koessara (voor 1750 v.C.), die Kanesj- of Nesja-koninkryk (omstreeks 1750-1650 v.C.) en 'n ryk wat om Hattoesa gesentreer was (omstreeks 1650 v.C.). Dit was in die moderne tyd as die Hetitiese Ryk of Hittitiese Ryk bekend. Dit het in die middel 4de eeu v.C. 'n hoogtepunt bereik onder Soeppiloelioema I, toe dit die grootste deel van Anatolië en dele van die Noord-Levant en Bo-Mesopotamië beslaan het.Tussen die 15de en 13de eeu v.C. was die Hetiete een van die oorheersende magte in die Naby Ooste en het hulle gebots met die Nuwe Ryk van Egipte, die Middel-Assiriese Ryk en die ryk Mitanni. Teen die 12de eeu v.C. was 'n groot deel van die Hetitiese Ryk deur die Assiriese Middelryk geannekseer, en die res is geplunder deur Frigiese nuwe aankomelinge in die streek. Van die laat 12de eeu v.C. af, tydens die verval van die Bronstydperk, het die Hetiete versplinter in verskeie klein onafhanklike state. Van hulle het tot die 8ste eeu v.C. bly bestaan voordat hulle voor die Nieu-Assiriese Ryk geswig het. Hulle afstammelinge het versplinter en is eindelik in die moderne bevolkings van die Levant en Mesopotamië opgeneem.Hetities (onder sy sprekers bekend as Nesjili, "die taal van Nesja") was 'n verlangse lid van die Anatoliese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met die nabyverwante Loewies is dit sover bekend die oudste Indo-Europese taal.Die geskiedenis van die Hetitiese beskawing is hoofsaaklik bekend uit tekste in wigskrif wat in voormalige Hetitiese gebiede ontdek is, en uit diplomatieke en kommersiële korrespondensie uit verskeie argiewe van Assirië, Babilonië, Egipte en die breër Midde-Ooste. Die ontsyfering van dié tekste was 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van Indo-Europese studies. Kultuurbande met die prehistoriese Skandinawië is ook al voorgestel.Moderne belangstelling in die Hetiete het toegeneem met die stigting van die Republiek Turkye in 1923. Die Hetiete het die aandag getrek van bekende Turkse argeoloë. In dié tyd het die nuwe veld Hetitologie ook die benamings van Turkse instelling beïnvloed, soos Etibank ("Hetitiese Bank") in staatsbesit, en gelei tot die stigting van die Museum van Anatoliese Beskawings in Ankara, wat 200 km wes van die Hetitiese hoofstad, Hattoesa, gebou is en die wêreld se omvattendste uitstalling van Hetitiese kuns en artefakte bevat....lees verder In die nuus Geordin Hill-Lewis in 2023Geordin Hill-Lewis in 2023Die Verenigde Arabiese Emirate, een van die wêreld se belangrikste ruolieuitvoerlande, verlaat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPUL). Tydens die Londen-maraton word die Keniaan Sabastian Sawe die eerste mens wat 'n maraton in minder as twee uur voltooi. Die Tisza-party onder Péter Magyar wen tydens die Hongaarse parlementsverkiesing 'n volstrekte meerderheid en beëindig 16 jaar se heerskappy deur Viktor Orbán se Fidesz-party. Tydens die Demokratiese Alliansie se Federale Kongres is die Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis tot nuwe leier verkies. Die IUBN het die keiserpikkewyn se bewaringstatus op sy rooilys weens aardverwarming se uitwerkings na "kritiek bedreig" aangepas. Het u geweet... ... dat die Wes-Kaapprovinsie drie amptelike tale het? Die amptelike tale van die provinsie is Afrikaans, Engels en Xhosa en die 1998-grondwet is in al drie tale beskikbaar. Volgens die 2011-sensus praat 49,7% van die bevolking Afrikaans, gevolg deur Xhosa (24,7%) en Engels (20,2%).... dat die dorp Roodepoort wes van Johannesburg se naam verwys na die rooi grond wat so algemeen in die omgewing is? Die dorp het ontstaan nadat 'n goudmynkamp op 'n plaas met die naam "Roodepoort" gestig is.... dat u kan sien watter artikels na 'n spesifieke een toe skakel en aanstuur? Onder "gereedskap" (links) is "Skakels hierheen" beskikbaar wat hierdie inligting verskaf. Dit werk selfs vir artikels wat nog nie bestaan nie.... dat die Britse koningshuis hulle van twee keer verander het? Hulle het dit in 1917 van Sakse-Koburg-Gotha na Windsor verander, die naam van hulle kasteel. Tot in 1901 was hulle die Huis van Hannover.... dat 'n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as 'n sport in Suid-Afrika. Vandag in die geskiedenis 13 Mei:Harry SchwarzHarry Schwarz1830Ecuador verkry sy onafhanklikheid van Groot-Colombia. 1924 – Gebore: Harry Schwarz, Suid-Afrikaanse politikus en leier van die kortstondige Reformisteparty. 1925 – Die Turkmeense Sosialistiese Sowjetrepubliek (nou Turkmenistan) verkry sy onafhanklikheid van die Sowjetunie. 1940Tweede Wêreldoorlog: Nazi-Duitsland se inname van Frankryk begin toe die Wehrmacht die Meuse-rivier oorsteek. 1958Velcro se handelsmerk word geregistreer. Voorbladbeeld Vind artikels
Geografie - Geologie Suid-Afrika Namibië Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asië Europa Oseanië Rusland Turkye Verenigde State van Amerika Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne
Geskiedenis Argeologie Datums Kulturele geskiedenis Oorloë Religieuse geskiedenis Rewolusies Vroeë beskawings Antieke Egipte
Kultuur Akteurs Argitektuur Dans Letterkunde Mitologie Griekse mitologie Mode Museums Musiek Rolprente Taal Vermaak
Natuur Bewaringsgebiede Diere Plante
Religie Agnostisisme Baha'i Boeddhisme Christendom Gnostisisme Hindoeïsme Islam Judaïsme Mitologie New Age Paganisme Politeïsme Satanisme Sikhisme Zoroastrisme
Samelewing Besigheid Ekonomie Krieket Politiek Rugby Sport Vlae en wapens Vervoer
Taal Kunsmatige taal Natuurlike taal Taalfamilies Skryfstelsels
Tegnologie Elektronika Fotografie Inligtingstegnologie Klanktegnologie Voertuigtegnologie
Wetenskap Biologie Chemie Filosofie Fisika Natuurwetenskap Sielkunde Sosiologie Sterrekunde Wiskunde
Artikelindeks Kategorieboom Lyste Hoe soek ek?
Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikelsالعربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikelsCatalà
Weergawes met meer as 500 000 artikelsتۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikelsБеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikelsAfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikelsaragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
Susterprojekte

Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.