in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Voorbladartikel Die Hetiete of Hittiete was 'n Anatoliese Indo-Europese volk wat in die Bronstydperk een van die eerste groot beskawings in Wes-Asië gevorm het. Hulle het waarskynlik van oorkant die Swartsee gekom en hulle in die vroeë 2de millennium v.C. in die hedendaagse Turkye gevestig. Hulle het 'n reeks state in Noordsentraal-Anatolië gevestig, insluitende die koninkryk Koessara (voor 1750 v.C.), die Kanesj- of Nesja-koninkryk (omstreeks 1750-1650 v.C.) en 'n ryk wat om Hattoesa gesentreer was (omstreeks 1650 v.C.). Dit was in die moderne tyd as die Hetitiese Ryk of Hittitiese Ryk bekend. Dit het in die middel 4de eeu v.C. 'n hoogtepunt bereik onder Soeppiloelioema I, toe dit die grootste deel van Anatolië en dele van die Noord-Levant en Bo-Mesopotamië beslaan het.Tussen die 15de en 13de eeu v.C. was die Hetiete een van die oorheersende magte in die Naby Ooste en het hulle gebots met die Nuwe Ryk van Egipte, die Middel-Assiriese Ryk en die ryk Mitanni. Teen die 12de eeu v.C. was 'n groot deel van die Hetitiese Ryk deur die Assiriese Middelryk geannekseer, en die res is geplunder deur Frigiese nuwe aankomelinge in die streek. Van die laat 12de eeu v.C. af, tydens die verval van die Bronstydperk, het die Hetiete versplinter in verskeie klein onafhanklike state. Van hulle het tot die 8ste eeu v.C. bly bestaan voordat hulle voor die Nieu-Assiriese Ryk geswig het. Hulle afstammelinge het versplinter en is eindelik in die moderne bevolkings van die Levant en Mesopotamië opgeneem.Hetities (onder sy sprekers bekend as Nesjili, "die taal van Nesja") was 'n verlangse lid van die Anatoliese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met die nabyverwante Loewies is dit sover bekend die oudste Indo-Europese taal.Die geskiedenis van die Hetitiese beskawing is hoofsaaklik bekend uit tekste in wigskrif wat in voormalige Hetitiese gebiede ontdek is, en uit diplomatieke en kommersiële korrespondensie uit verskeie argiewe van Assirië, Babilonië, Egipte en die breër Midde-Ooste. Die ontsyfering van dié tekste was 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van Indo-Europese studies. Kultuurbande met die prehistoriese Skandinawië is ook al voorgestel.Moderne belangstelling in die Hetiete het toegeneem met die stigting van die Republiek Turkye in 1923. Die Hetiete het die aandag getrek van bekende Turkse argeoloë. In dié tyd het die nuwe veld Hetitologie ook die benamings van Turkse instelling beïnvloed, soos Etibank ("Hetitiese Bank") in staatsbesit, en gelei tot die stigting van die Museum van Anatoliese Beskawings in Ankara, wat 200 km wes van die Hetitiese hoofstad, Hattoesa, gebou is en die wêreld se omvattendste uitstalling van Hetitiese kuns en artefakte bevat....lees verder In die nuus Geordin Hill-Lewis in 2023Die Verenigde Arabiese Emirate, een van die wêreld se belangrikste ruolieuitvoerlande, verlaat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (OPUL). Tydens die Londen-maraton word die Keniaan Sabastian Sawe die eerste mens wat 'n maraton in minder as twee uur voltooi. Die Tisza-party onder Péter Magyar wen tydens die Hongaarse parlementsverkiesing 'n volstrekte meerderheid en beëindig 16 jaar se heerskappy deur Viktor Orbán se Fidesz-party. Tydens die Demokratiese Alliansie se Federale Kongres is die Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis tot nuwe leier verkies. Die IUBN het die keiserpikkewyn se bewaringstatus op sy rooilys weens aardverwarming se uitwerkings na "kritiek bedreig" aangepas. Het u geweet... Voorbladbeeld |
Vind artikels ![]() |
| Geografie - Geologie Suid-Afrika • Namibië • Botswana • Eswatini • Lesotho • Mosambiek • Zimbabwe Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne |
|
| Geskiedenis Argeologie • Datums • Kulturele geskiedenis • Oorloë • Religieuse geskiedenis • Rewolusies • Vroeë beskawings • Antieke Egipte |
|
| Kultuur Akteurs • Argitektuur • Dans • Letterkunde • Mitologie • Griekse mitologie • Mode • Museums • Musiek • Rolprente • Taal • Vermaak |
|
| Natuur Bewaringsgebiede • Diere • Plante |
|
| Religie Agnostisisme • Baha'i • Boeddhisme • Christendom • Gnostisisme • Hindoeïsme • Islam • Judaïsme • Mitologie • New Age • Paganisme • Politeïsme • Satanisme • Sikhisme • Zoroastrisme |
|
| Samelewing Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens • Vervoer |
|
| Taal Kunsmatige taal • Natuurlike taal • Taalfamilies • Skryfstelsels |
|
| Tegnologie Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie • Voertuigtegnologie |
|
| Wetenskap Biologie • Chemie • Filosofie • Fisika • Natuurwetenskap • Sielkunde • Sosiologie • Sterrekunde • Wiskunde |
|
| Artikelindeks • Kategorieboom • Lyste • Hoe soek ek? |
|
Wikipedia in ander tale  |
|
| Weergawes met meer as 1 000 000 artikelsالعربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 |
|
| Weergawes met meer as 750 000 artikelsCatalà |
|
| Weergawes met meer as 500 000 artikelsتۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça |
|
| Weergawes met meer as 250 000 artikelsБеларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú |
|
| Weergawes met meer as 100 000 artikelsAfrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 |
|
| Weergawes met meer as 50 000 artikelsaragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto |
|
| Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
|
Susterprojekte  |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.