Tuisblad (original) (raw)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Voorbladartikel 'n Standbeeld van Simon van Trente, 'n Italiaanse kind vir wie se verdwyning en dood die stad se Jode geblameer is. Bloedlaster of bloedverdigsels is valse, antisemitiese aantygings dat Jode veral Christelike kinders vang en hulle bloed in Joodse rituele gebruik. Die beskuldiging soos dit teen Jode gebruik is, is selde in antieke tye aangetref. Volgens die Romeinse skrywer Tertullianus is dit in die laat oudheid begin gebruik teen lede van die vroeë Christendom van die Romeinse Ryk. 'n Millennium later, in die Middeleeue, het Christene dit begin gebruik as 'n aantyging teen Jode. Dié aantyging, tesame met putvergifting en gasheerontheiliging, het van die Middeleeue tot in die moderne tyd 'n belangrike beskuldiging in Europa geword in die vervolging van Jode.Dikwels word met bloedlaster beweer Jode het menslike bloed nodig vir die maak van matso's, ongesuurde, plat brode wat tydens die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach) geëet word. In vroeëre weergawes is Jode daarvan beskuldig dat hulle die kruisiging namaak. Die beskuldigings sluit dikwels in dat Christelike kinders veral gesog is, en histories is dit gebruik om die verdwyning van baie kinders te verduidelik. In sommige gevalle is die vermeende slagoffers as heiliges vereer, soos William van Norwich, Hugh van Lincoln en Simon van Trente.Die term "bloedlaster" word ook soms gebruik in verband met ander skadelike beskuldigings met 'n breër betekenis. Dit is egter omstrede, omdat Joodse groepe daarteen beswaar maak. ...lees verder In die nuus Van 31 Januarie tot 15 Maart word die 2025-Sesnasies-toernooi tussen die nasionale spanne van Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis beslis. Gelyktydig word die Europese Rugbykampioenskap tussen die nasionale spanne van België, Duitsland, Georgië, Nederland, Portugal, Roemenië, Spanje en Switserland beslis. Tydens die Australiese Ope het die Amerikaanse tennisspeler Madison Keys haar eerste Grand Slam-toernooi gewen, terwyl die Italiaanse tennisspeler Jannik Sinner sy derde toernooi ingepalm het. Ná Liechtenstein word Thailand die tweede land wat in 2025 selfdegeslaghuwelike wettig. Indonesië sluit by BRICS aan. Denemarke, Griekeland, Pakistan, Panama en Somalië is die nuwe niepermanente lede in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Het u geweet... ... dat die chemiese element en radioaktiewe edelgas radon, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, beskou word as die belangrikste oorsaak van longkanker naas sigaretrook? Jaarliks sterf meer as 40 000 mense wêreldwyd aan longkanker wat deur radon veroorsaak is. ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese. ... dat sterrestelsels konstant in beweging is? Sommige stelsels, soos dié in die stelsel Arp 87, raak soms selfs in botsings betrokke. ... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde. ... dat Jane Elizabeth Waterston die eerste vrou in Suid-Afrika was wat 'n mediese praktyk geopen het? Vandag in die geskiedenis 11 Februarie: Nasionale Stigtingsdag in Japan Nelson MandelaNelson Mandela 1650 - René Descartes, die Franse filosoof, wetenskaplike en wiskundige, sterf in Stockholm, Swede. 1963 – Die Beatles begin hulle eerste album, Please Please Me opneem. 1966Distrik Ses in Kaapstad word kragtens die Groepsgebiedewet tot 'n wit gebied verklaar, waarna sowat 60 000 swart- en bruinmense tussen 1968 en 1982 na die Kaapse Vlakte verskuif word. 1979Ajatolla Ruhollah Khomeini neem die bewind in Iran oor en word uiteindelik die Opperleier van die Islamitiese Republiek. 1990 – Die anti-apartheidstryder Nelson Mandela, 'n politieke gevangene vir 27 jaar, word uit die Victor Verster-gevangenis in die Paarl, Suid-Afrika, vrygelaat. Voorbladbeeld Grafstene in St. Anne-kapel, Malbork-kasteel, PoleGrafstene in St. Anne-kapel, Malbork-kasteel, Pole Vind artikels
Geografie - Geologie Suid-Afrika Namibië Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asië Europa Oseanië Rusland Turkye Verenigde State van Amerika Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne
Geskiedenis Argeologie Datums Kulturele geskiedenis Oorloë Religieuse geskiedenis Rewolusies Vroeë beskawings Antieke Egipte
Kultuur Akteurs Argitektuur Dans Letterkunde Mitologie Griekse mitologie Mode Museums Musiek Rolprente Taal Vermaak
Natuur Bewaringsgebiede Diere Plante
Religie Agnostisisme Baha'i Boeddhisme Christendom Gnostisisme Hindoeïsme Islam Judaïsme Mitologie New Age Paganisme Politeïsme Satanisme Sikhisme Zoroastrisme
Samelewing Besigheid Ekonomie Krieket Politiek Rugby Sport Vlae en wapens Vervoer
Taal Kunsmatige taal Natuurlike taal Taalfamilies Skryfstelsels
Tegnologie Elektronika Fotografie Inligtingstegnologie Klanktegnologie Voertuigtegnologie
Wetenskap Biologie Chemie Filosofie Fisika Natuurwetenskap Sielkunde Sosiologie Sterrekunde Wiskunde
Artikelindeks Kategorieboom Lyste Hoe soek ek?
Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikelsالعربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikelsفارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikelsНохчийнCatalàČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikelsБеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikelsAfrikaans • AsturianuAzərbaycancaتۆرکجهবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikelsБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
Susterprojekte

Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.