in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Voorbladartikel Bloedlaster of bloedverdigsels is valse, antisemitiese aantygings dat Jode veral Christelike kinders vang en hulle bloed in Joodse rituele gebruik. Die beskuldiging soos dit teen Jode gebruik is, is selde in antieke tye aangetref. Volgens die Romeinse skrywer Tertullianus is dit in die laat oudheid begin gebruik teen lede van die vroeë Christendom van die Romeinse Ryk. 'n Millennium later, in die Middeleeue, het Christene dit begin gebruik as 'n aantyging teen Jode. Dié aantyging, tesame met putvergifting en gasheerontheiliging, het van die Middeleeue tot in die moderne tyd 'n belangrike beskuldiging in Europa geword in die vervolging van Jode.Dikwels word met bloedlaster beweer Jode het menslike bloed nodig vir die maak van matso's, ongesuurde, plat brode wat tydens die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach) geëet word. In vroeëre weergawes is Jode daarvan beskuldig dat hulle die kruisiging namaak. Die beskuldigings sluit dikwels in dat Christelike kinders veral gesog is, en histories is dit gebruik om die verdwyning van baie kinders te verduidelik. In sommige gevalle is die vermeende slagoffers as heiliges vereer, soos William van Norwich, Hugh van Lincoln en Simon van Trente.Die term "bloedlaster" word ook soms gebruik in verband met ander skadelike beskuldigings met 'n breër betekenis. Dit is egter omstrede, omdat Joodse groepe daarteen beswaar maak. ...lees verder In die nuus Van 31 Januarie tot 15 Maart word die 2025-Sesnasies-toernooi tussen die nasionale spanne van Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis beslis. Gelyktydig word die Europese Rugbykampioenskap tussen die nasionale spanne van België, Duitsland, Georgië, Nederland, Portugal, Roemenië, Spanje en Switserland beslis. Tydens die Australiese Ope het die Amerikaanse tennisspeler Madison Keys haar eerste Grand Slam-toernooi gewen, terwyl die Italiaanse tennisspeler Jannik Sinner sy derde toernooi ingepalm het. Ná Liechtenstein word Thailand die tweede land wat in 2025 selfdegeslaghuwelike wettig. Indonesië sluit by BRICS aan. Denemarke, Griekeland, Pakistan, Panama en Somalië is die nuwe niepermanente lede in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Het u geweet... ... dat die chemiese element en radioaktiewe edelgas radon, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, beskou word as die belangrikste oorsaak van longkanker naas sigaretrook? Jaarliks sterf meer as 40 000 mense wêreldwyd aan longkanker wat deur radon veroorsaak is. ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese. ... dat sterrestelsels konstant in beweging is? Sommige stelsels, soos dié in die stelsel Arp 87, raak soms selfs in botsings betrokke. ... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde. ... dat Jane Elizabeth Waterston die eerste vrou in Suid-Afrika was wat 'n mediese praktyk geopen het? Vandag in die geskiedenis 11 Februarie: Nasionale Stigtingsdag in Japan Nelson Mandela 1650 - René Descartes, die Franse filosoof, wetenskaplike en wiskundige, sterf in Stockholm, Swede. 1963 – Die Beatles begin hulle eerste album, Please Please Me opneem. 1966 – Distrik Ses in Kaapstad word kragtens die Groepsgebiedewet tot 'n wit gebied verklaar, waarna sowat 60 000 swart- en bruinmense tussen 1968 en 1982 na die Kaapse Vlakte verskuif word. 1979 – Ajatolla Ruhollah Khomeini neem die bewind in Iran oor en word uiteindelik die Opperleier van die Islamitiese Republiek. 1990 – Die anti-apartheidstryder Nelson Mandela, 'n politieke gevangene vir 27 jaar, word uit die Victor Verster-gevangenis in die Paarl, Suid-Afrika, vrygelaat. Voorbladbeeld Grafstene in St. Anne-kapel, Malbork-kasteel, Pole![Grafstene in St. Anne-kapel, Malbork-kasteel, Pole](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/da/Castillo_de_Malbork%2C_Polonia%2C_2013-05-19%2C_DD_17.jpg/400px-Castillo_de_Malbork%2C_Polonia%2C_2013-05-19%2C_DD_17.jpg) |
Vind artikels ![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e5/Vista-xmag.png/30px-Vista-xmag.png) |
|
|
Geografie - Geologie Suid-Afrika • Namibië • Botswana • Eswatini • Lesotho • Mosambiek • Zimbabwe Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne |
|
Geskiedenis Argeologie • Datums • Kulturele geskiedenis • Oorloë • Religieuse geskiedenis • Rewolusies • Vroeë beskawings • Antieke Egipte |
|
Kultuur Akteurs • Argitektuur • Dans • Letterkunde • Mitologie • Griekse mitologie • Mode • Museums • Musiek • Rolprente • Taal • Vermaak |
|
Natuur Bewaringsgebiede • Diere • Plante |
|
Religie Agnostisisme • Baha'i • Boeddhisme • Christendom • Gnostisisme • Hindoeïsme • Islam • Judaïsme • Mitologie • New Age • Paganisme • Politeïsme • Satanisme • Sikhisme • Zoroastrisme |
|
Samelewing Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens • Vervoer |
|
Taal Kunsmatige taal • Natuurlike taal • Taalfamilies • Skryfstelsels |
|
Tegnologie Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie • Voertuigtegnologie |
|
Wetenskap Biologie • Chemie • Filosofie • Fisika • Natuurwetenskap • Sielkunde • Sosiologie • Sterrekunde • Wiskunde |
|
Artikelindeks • Kategorieboom • Lyste • Hoe soek ek? |
|
Wikipedia in ander tale ![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Gnome-globe.svg/26px-Gnome-globe.svg.png) |
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikelsالعربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 |
|
Weergawes met meer as 750 000 artikelsفارسی |
|
Weergawes met meer as 500 000 artikelsНохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú |
|
Weergawes met meer as 250 000 artikelsБеларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha |
|
Weergawes met meer as 100 000 artikelsAfrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 |
|
Weergawes met meer as 50 000 artikelsБашҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto |
|
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
|
|
|
Susterprojekte ![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/81/Wikimedia-logo.svg/27px-Wikimedia-logo.svg.png) |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.