Boek (original) (raw)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Boek in die leessaal van die Universiteit van Graz (Oostenryk).

Letterkunde
Vernaamste vorms
Roman · Gedig · Drama Kortverhaal · Novelle
Genres
Drama · Epiek · Hygliteratuur Komedie · Liriek · Mito-poësis Nonsens · Ridderroman · Satire Tragedie · Tragikomedie
Media
Opvoering (toneelstuk) Boek
Tegnieke
Prosa · Poësie
Geskiedenis en Lyste
Hooftrekke van letterkunde Woordelys van terme Geskiedenis (hedendaags) Boeke · Skrywers Letterkunde / Poësie toekennings
Bespreking
Kritiek · Teorie Sosiologie · Tydskrifte
sbw

'n Boek is 'n algemene voorwerp wat 'n klomp gebundelde bladsye het waarop daar in ink, of soms ander stowwe, inligting geskrywe staan. Boeke kan oor een onderwerp handel (soos storieboeke en veldspesifieke boeke) of oor 'n hele aantal (soos ensiklopedieë). Boeke beskik oor die volgende kenmerke:

Volgens Unesco se definisie word enige gedrukte publikasie wat nie gereeld verskyn nie, aan die publiek beskikbaar gestel word en met uitsondering van die titelblad en omslag 'n minimum van 49 bladsye het as boek beskou.[1] Tans word daar jaarliks sowat 1,2 miljoen boeke gepubliseer (waarvan 375 000 in Engels en 80 000 in Duits verskyn). Die wêreldwye omset beloop meer as 600 miljard ZAR.[2]

Moderne variante van boeke sluit e-Boeke met digitaalgestoorde boektekste en oudioboeke in.

Ensiklopedieë, handleidings, jaarboeke en ander naslaanwerke bevat feitelike inligting, maar hierdie naslaanwerke verwys ook na ander bronne waar meer inligting verkry kan word. Dit word in 'n bibliografie gelys. Sulke boeke help gewoonlik met navorsing.

  1. Unesco-definisie van 'n boek
  2. Der Fischer Weltalmanach 2007. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2006, bl. 745

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.