Marylebone (original) (raw)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Marylebone
Distrik
Die Marylebone-stasie.Die Marylebone-stasie.
Marylebone is in Groter LondenMaryleboneMarylebone
Koördinate: 51°31′00″N 0°10′00″W / 51.51667°N 0.16667°W / 51.51667; -0.16667
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
Graafskap Groter Londen
Borough City of Westminster
Tydsone UTC±00:00 (MGT)
Somertyd UTC+01:00 (BST)
Poskode W1/NW1
Skakelkodes 020

Marylebone is 'n welgestelde binnestedelike gebied in Sentraal-Londen, geleë in die City of Westminster. Marylebone word begrens deur Oxford Street in die suide, Regent's Park in die noorde, Edgware Road in die weste en Portland Place in die ooste. Die naam word somtyds geskryf as St. Marylebone of Mary-le-bone, maar word gewoonlik as mar(i)leboon uitgespreek.

'n Mark in Marylebone.

Die gebied bestaan grotendeels uit woonhuise. Die westelike deel het 'n omvangryke Arabiese bevolking. Bekende besienswaardighede in die omgewing is onder andere Madame Tussauds, Harley Street, Regent's Park, Hyde Park en Marble Arch.

Die bekende Lord's Krieketgronde was aanvanklik hier geleë voordat dit verskuif is.