Suidelike Federale Distrik (original) (raw)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Suidelike Federale Distrik (Russies: Южный федеральный округ, Joezjni federalni okroeg) is een van die agt federale distrikte van Rusland. Dit is hoofsaaklik geleë op die Ponties-Kaspiese Steppe.

Die distrik is op 19 Januarie 2010 in twee verdeel, en die voormalige suidelike gebiede het die nuwe Federale Distrik Noord-Kaukasus gevorm. Die bevolking tel 13 854 334, volgens die 2010-sensus.[1] Die huidige presidensiële afgevaardigde is Wladimir Oestinof.

Die kaart en sleutel is in alfabetiese volgorde volgens die Russiese name
# Vlag Federale deelgebied Hoofstad
1 Adigea Maikop
2 Astrachan-oblast Astrachan
3 Wolgograd-oblast Wolgograd
4 Kalmikië Elista
5 Krasnodar-krai Krasnodar
6 Rostof-oblast Rostof aan die Don
  1. [1] Russiese 2010-sensus

47°14′N 39°43′O / 47.233°N 39.717°O / 47.233; 39.717