nael - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Afrikaans (af)
1= kop, 2= gesig, 3= nek, 4= skouer, 5= bors, 6= nael, 7= buik, 8= lies, 9= penis, 10= dybeen, 11= knie, 12= been, 13= enkel, 14= voet, 15= boarm, 16= elmboog, 17= onderarm, 18= pols, 19= hand
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| nael | naels |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| naeltjie | naeltjies |
na•el
1,2,3: Van Nederlands nagel. Sedert 1198 in Oudnederlands bekend.
Van Proto-Germaans *nagla- wat kom van Proto-Indo-Europees *h3nogh-l-. Verwant in Latyn ungula, Litaus nagà . [1]
4: Van Nederlands navel. Sedert 1240 in Middelnederlands bekend. Van Proto-Germaans *h3n(o)bh-l-.
Verwant in Latyn umbilicus, [2]
- (anatomie) Horingagtige bedekking op die voorste lit van 'n mens se vingers en tone.
- Horingagtige haak aan die pote of kloue van diere.
- 'n Spyker.
- (anatomie) Ronde duik of punt in die middle van die duik van mens en diere. Die litteken van die naelstring.
4.) nawel
| Vertalings: 1, 2, 3 |
|---|
| Engels: nail(en) Frans: ongles(fr) Nederlands: nagel(nl) |
| Vertalings: 4 |
|---|
| Engels: belly button(en), navel(en) Frans: nombril(fr) Nederlands: navel(nl) |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | nael |
| Verlede Tyd | ek | het genael |
- Vinnig hardloop.
- Spyker.
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor nael.