been - Wikiwoordeboek (original) (raw)
[1] 'n Mense se bene.
[2] Bene.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| been | bene, beendere |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| beentjie | beentjies |
Uitspraak
| (lêer) |
|---|
Woordafbreking
been
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- (anatomie) Ledemaat waarop gestaan en waarmee geloop word.
- 'n Selfstandige onderdeel van 'n geraamte.
- Die stof waaruit bene bestaan.
- Iets wat aan 'n been herinner.
Voorbeeldsinne
- 'n Mens het twee bene terwyl 'n hond vier pote het.
- 'n Volwasse mense het ongeveer 200 bene.
- Been is hard as gevolg van die kalk wat daarin is.
- In meetkunde het elke hoek twee bene en 'n hoekpunt.
Spreekwoorde en gesegdes
«Tot die been oopvlek.»
Alles openbaar.
«Hy is net vel en been.»
Baie maer.
«Sy kla steen en been.»
Kla baie.
«Iets op die been bring.»
Tot stand laat kom.
«Weer op die been kom.»
Om te herstel.
«Met die verkeerde been uit die bed klim»
'n Slegte bui hê.
«Met een been in die graf staan.»
Oud en afgeleef wees. Naby die einde van die lewe.
«Op een been kan 'n mens nie loop nie.»
'n Slegte verskoning vir 'n ekstra sopie drank.
«Twee honde om een been, die derde loop daarmee heen.»
As twee mense om een ding twis, kom dit dikwels in die besit van 'n ander persoon.
«Hy is vroeg op die been.»
Hy staan vroeg op.
«Hy trek my been.»
Iemand terg of goedig spot.
«'n Leuen het maar 'n kort been.»
'n Onwaarheid word gou ontdek.
Vertalings
| Vertalings: been |
|---|
| Engels: bone(en), leg(en), shank(en) Nederlands: been(nl) |
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor been.