bly - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die mense lyk baie bly.
Afrikaans (af)
| Byvoeglike naamwoord | |||
|---|---|---|---|
| Trap | Predikatief | Attributief | Partitief |
| Stellend | bly | blye | blys |
| Vergrotend | blyer | blyers | |
| Oortreffend | blyste |
Vrolik van stemmig; lewenslustig.
Ek was bly om soveel mense by die inhuldiging van die president te sien.
Sy was baie bly toe sy hoor hoe goed sy in die eksamen gedoen het.
| Vertalings: |
|---|
| Engels: happy(en), glad(en) Nederlands: blij(nl) |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | bly |
| Verlede Tyd | ek | het gebly |
| Teenwoordige deelwoord | blywend | |
| Verlede deelwoord | geblewe |
Niks verander nie; voortduur; volhard.
Om êrens te vertoef en nie weg te gaan nie.
Nie van mening verander nie.
Hy bly maar verveeld.
Sy wil graag by die huis bly.
Die koppige man het by sy mening gebly, ten spyte van al die bewyse dat hy verkeerd was.
| Vertalings: |
|---|
| Engels: stay(en), live(en) Nederlands: blijven(nl) |