druk - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
druk drukke
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
drukkie drukkies

druk

  1. Iemand omhels of styf met die arms vashou.

  2. Drukking; die krag wat oor 'n oppervlakte uitgeoefen word.

  3. Handeling van boeke druk; oplaag.

  4. Die tipe letters wat tydens die drukproses gebruik word.

  5. Spanning; kommer; las.

  6. Die dogtertjie gee vir haar maatjie 'n stewige druk.

  7. Die druk in die kernreaktor is te hoog, dit sal ontplof as ons dit nie onder beheer bring nie.

  8. Die boek is in sy tweede druk.

  9. Verander die druk vir die lyn na kursief.

  10. Ons verkeer onder groot druk om al die aansoeke betyds te verwerk.

Hy druk almanakke (lieg baie).

Vertalings: druk
Engels: print(en), printing(en) Nederlands: druk(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek druk
Verlede Tyd ek het gedruk
  1. Krag uitoefen op.

  2. Tekste onder druk op papier aanbring.

  3. Hy het nie die knoppie gedruk nie.

  4. Meer as 11 miljoen kopieë van die boek is gedruk.

Hoed oor die oë druk (skaam wees).

Hy weet waar die skoen hom druk (weet presies waar die moeilikheid lê).

'n Drie in beseringstyd druk (op die laaste minuut doen).

Vertalings: druk
Engels: press(en), print(en) Nederlands: drukken(nl)

Die stasie is druk besig.

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend druk drukker drukste

Baie besig; bedrywig.

Dit gaan 'n druk dag wees vandag.

Vertalings:
Nederlands: druk(nl)
Bywoord
druk

Baie besig; bedrywig.

Ons is druk besig.

Vertalings:
Nederlands: druk(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor druk.