duim - Wikiwoordeboek (original) (raw)
[1] 'n Duim.
[2] 'n Maatband wat in duime uitgemerk is.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| duim | duime |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| duimpie | duimpies |
Uitspraak
| (lêer) |
|---|
Woordafbreking
duim
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- (anatomie) Die eerste, kortste en dikste vinger wat langs die wysvinger lê.
- 'n Ou imperiale lengtemaat.
Voorbeeldsinne
- 'n Mense se duim het twee lede en kan langs en teenoor elk van die ander vingers geplaas word.
- 'n Engelse duim is 2.54 cm, maar die Amsterdamse duim is 2.573 cm lank.
Spreekwoorde en gesegdes
«Uit jou duim suig.»
Iets self versin.
«Vir iemand duim vashou.»
Hoop dat iemand suksesvol is.
«Hy gooi duim.»
Ryloop; 'n rit bedel.
«Iemand om jou duim draai.»
Iemand maklik beïnvloed.
«Iemand onder die duim hê.»
Iemand oorheers.
«Tussen vinger en duim wegraak.»
Onopgemerk wegsluip.
Afgeleide woorde
Vertalings
| Vertalings: 1. Dikste vinger | |
|---|---|
| Engels: thumb(en) Frans: pouce(fr) m | Italiaans: pollice(it) m Nederlands: duim(nl) m |
| Vertalings: 2. Lengtemaat |
|---|
| Engels: inch(en) Nederlands: duim(nl) |
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor duim.
Nederlands (nl)
| Enkelvoud | Meervoud | |
|---|---|---|
| Naamwoord | duim m | duimen |
| Verkleinwoord | duimpje | duimpjes |
Uitspraak
| (lêer) |
|---|
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
(anatomie) Duim; die eerste vinger
Holonieme
Hiperonieme
Werkwoord
Betekenisse
- eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van duimen
- (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van duimen
- gebiedende wys van duimen
Voorbeeldsinne
1.: Ik duim.
2.: Duim je?
3.: Duim!