gang - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| gang | gange |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| gangetjie | gangetjie |
'n Patroon van beweging van die ledemate van diere, insluitend mense, tydens beweging oor 'n soliede oppervlak.
'n Gegrawe of geplaveide pad wat toegang bied
Die handeling van gaan
Deel van 'n uitgebreide maaltyd
Een van die toestande van 'n ratkas
Die perd moet lewendig lyk en gereed wees vir die volgende gang. [1]
Die korwe van een nes is dikwels onderling deur ronde gange met 'n deursnee van 1 tot 3 duim verbind. [2]
Natuurlik is daar ook reise na byvoorbeeld Nong Prajak Park en onlangs, deur my gang na Thai-lesse, na Srisukweg.[3]
As verskillende wynsoorte saam met die verskillende gange geskink word, is dit aanvaarbaar om nie al die glase leeg te drink nie[4]
Die 2,2 ℓ-modelle bied 'n keuse van 'n hand- of outomatiese ratkas, elk met ses gange[5]
«aan die gang wees»
wat intussen gebeur
| Vertalings: 1. Voortbeweging |
|---|
| Engels: gait(en) Nederlands: gang(nl) m |
| Vertalings: 2. Pad wat toegang gee |
|---|
| Engels: corridor(en) Nederlands: gang(nl) m |
| Vertalings: 3. Die gaan |
|---|
| Engels: going(en), journey(en) Nederlands: gang(nl) m |
| Vertalings: 4. Maaltyd |
|---|
| Engels: course(en) Nederlands: gang(nl) m |
| Vertalings: 5. Rat |
|---|
| Engels: gear(en) Nederlands: versnelling(nl) v |