huil - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Huil.

Afrikaans (af)

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek huil
Verlede Tyd ek het gehuil
Teenwoordige deelwoord huildende

huil

  1. Traanvog afskei, meestal weens verdriet (en soms ook vreugde).

  2. (dieregeluid) Die geluid wat 'n wolf, hond of hiëna maak.

  3. 'n Lawaai maak; raas.

  4. Die dogtertjie huil ontroosbaar.

  5. 'n Wolf huil in die verte.

  6. Die wind huil en fluit deur die krake in die mure.

«Krokodiltrane huil.»

Vals wees.

Van lag kom huil ('n waarskuwing teen lawaaierige pretmakery).

Lang trane huil (spyt wees oor iets).

Trane met tuite huil (bitterlik, ontroosbaar huil).

Iets doen dat die byle huil (met groot inspanning doen).

Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe (tweegesig wat met verskillende menings saamstem).

As twee ruil, moet een huil (met 'n ruiltransaksie trek een altyd aan die kortste end).

Moet is dwang, huil is kindergesang (mens hoef nie noodwendig iets te doen as 'n kind kerm of daarom vra nie).

grens, ween, tjank

lag

Vertalings: huil
Engels: cry(en), weep(en), howl(en) Nederlands: huilen(nl)