maag - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Spysverteringstelsel van die mens.
1=slukderm (esofagus), 2=maag, 3=dunderm, 4=blindederm, 5=sekum, 6=dikderm, 7=rektum, 8=anus.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
maag mae, mage
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
magie magies

maag

  1. (anatomie) 'n Orgaan wat voedsel verteer om metaboliese prosesse te onderhou.

  2. Voorste deel van die lyf onder die bors en bo die dye.

  3. Anatomies is die maag 'n meestal boontjievormige, hol en gespierde sak in die liggaam van 'n mens of dier.

  4. Corrie Sanders is in die arm en maag geskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het.

«Sy oë is groter as sy maag

Meer ingeskep was wat hy kan opeet.

«Op jou nugter maag

Voordat jy geëet het.

«Hy maak 'n afgod van sy maag

Vraatsugtig wees.

«Jy kan dit maar op jou maag skryf en met jou hemp afvee.»

Daar sal niks van kom nie.

«Bitter in die mond maak die maag gesond.»

Slegte medisyne werk gewoonlik die beste.

buik, pens, abdomen

Vertalings: maag
Engels: stomach(en), belly(en) Nederlands: maag(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor maag.