nuut - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

'n Proto-Indo-Europese erfwoord, sedert die 10e eeu uit Oudnederlands bekend as niuwi, uit Nederlands as nieuw. Die Afrikaanse predikaatsvorm met -t is moontlik van 'n gewestelike vorm in Middelnederlands afkomstig. Van Proto-Germaans *neuja en Proto-Indo-Europees *neuio. Verwant aan Sanskrit návya-, Litous naũjas, Latyn novus, Hettities newa-. [1]

Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend nuut nuwe nuuts
Vergrotend nuwer nuwers
Oortreffend nuutste
Gesubstantiveer
Enkelvoud Meervoud
nuwe nuwes
Bywoord
Oortreffend die nuutste
Intensiewe vorm
blinknuut

IPA:

byvoeglik:

stellend: predikatief: [nɨt], attributief: [ˈnɨvə], partitief: [nɨts]

vergrotend: [ˈnɨvər], partitief: [ˈnɨvərs]

oortreffend: [ˈnɨtstə]

gesubstantiveer: [ˈnɨvə], meervoud: [ˈnɨvəs]

bywoordelik: oortreffend: [diˈnɨtstə]

byvoeglik:

stellend: predikatief: نُیتْ , attributief: نُیڤِی , partitief: نُیتْسْ

vergrotend: نُیتِرْ , partitief: نُیتِرْسْ

oortreffend: نُیتْسْتِی

gesubstantiveer: نُیڤِی , meervoud: نُیڤِسْ

bywoordelik: oortreffend: دِي نُیتْسْتِی

byvoeglik:

stellend: predikatief: nuut, attributief: nuwe, partitief: nuuts

vergrotend: nuter, partitief: nuters

oortreffend: nuutste

gesubstantiveer: nuwe, meervoud: nuwes

bywoordelik: oortreffend: di nuutste

Pas gemaak of bekom; ongebruik; nie oud nie.

'n Belangrike kenmerk van 'n neologisme is dat dit vir 'n tyd lank deur die sprekers as nuut ervaar word.

oud

Vertalings: nuut
Duits: neu(de) Engels: new(en) Esperanto: nova(eo) Ido: nova(io) Interlingue: nov(ie), novi(ie) Latyn: novus(la) Luxemburgs: nei(lb) Nederlands: nieuw(nl) Turks: yeni(tr) Turks (Osmaans): یڭی(osm) (yeni)
  1. Etymologiebank (nl)

Kategorieë: