pond - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Voor en agterkant van 'n 2,5 sjieling munt.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| pond | ponde |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| pondjie | pondjies |
pond
(ekonomie) Die Britse en ook 'n voormalige Suid-Afrikaanse geldeenheid.
'n Ou gewigsmaat.
Die Suid-Afrikaanse pond was onderverdeel in 8 halfkrone, 20 sjielings en 240 pennies.
Een Engelse pond is 454 gram, terwyl 1 metriese pond 500 gram is.
Hoeveel onse in jou pond (en wie bedoel jy met "ons"?).
'n Ons geluk is beter as 'n pond verstand (dis beter om gelukkig as slim te wees).
'n Ons praktyk is beter as 'n pond teorie (ervaring beteken dikwels meer as kennis).
| Vertalings: pond |
|---|
| Engels: pound(en) Nederlands: pond(nl) |