skop - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| skop | skoppe |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| skoppie | skoppies |
'n Trap met die voet/poot.
'n Tipe graaf met 'n hol blad (skopgraaf).
Sy het haar bakkie met skreeuende remme tot stilstand gebring, die rower bygedam, hom 'n gedugte skop gegee en gebulder: "Los my uit!"
Ma vee die krummels in die skoppie in.
Nog baie skop hê (nog gereken; aan die gang).
| Vertalings: |
|---|
| Engels kick(en) Nederlands schop(nl) |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | skop |
| Verlede Tyd | ek | het geskop |
'n Trap gee; met die voet/poot bydam.
(figuurlik) Verset; weerstand bied.
Ek het hom nie geskop nie - ek het net gedans en hy was in my pad.
Die kind skop nog teen die skool se streng reëls.
Skop soos ’n muil (hard skop).
Teen die prikkels skop (verset).
| Vertalings: |
|---|
| Engels kick(en) Nederlands schoppen(nl) |