skree - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die skreeu, deur Edvard Munch.
Afrikaans (af)
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | skree |
| Verlede Tyd | ek | het geskree |
| Teenwoordige deelwoord | skreeuend |
Gil; hardop uitroep, dikwels 'n gevolg van pyn, angs, skrik of woede.
'n Babatjie wat hardop huil.
(dieregeluid) Die geluid wat jakkalse, kiewiete of sonbesies maak.[1]
Hy skree soos 'n meisie toe die baksteen op sy toon val.
Die babatjie skree verskriklik.
'n Jakkals skree in die nag.
Moord en brand skree (baie lawaai maak).
Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie (moenie te bly raak as jy nog nie die uitslag gekry het nie).
| Vertalings: 1. Gil, uitroep. |
|---|
| Engels: shout(en), cry(en) Nederlands: schreeuw(nl) Xhosa: khala |
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| skree | — |
'n Harde gil.
Toe sy die muis sien, gee sy een skree en hardloop weg.
| Vertalings: |
|---|
| Engels: yell(nl), scream(en) Nederlands: schreeuw(nl) |