skreeu - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die skreeu, deur Edvard Munch.
Afrikaans (af)
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | skreeu |
| Verlede Tyd | ek | het geskreeu |
| Teenwoordige deelwoord | skreeuwend | |
| Verlede deelwoord | geskreeuwde |
Gil; hardop uitroep, dikwels 'n gevolg van pyn, angs, skrik of woede.
'n Babatjie wat hardop huil.
(dieregeluid) Die geluid wat jakkalse, kiewiete of sonbesies maak.[1]
Hy skreeu soos 'n meisie toe die baksteen op sy toon val.
Die babatjie skreeu verskriklik.
'n Jakkals skreeu in die nag.
Moord en brand skreeu (baie lawaai maak).
Moenie hoera skreeu voor jy oor die brug is nie (moenie te bly raak as jy nog nie die uitslag gekry het nie).
| Vertalings: 1. Gil, uitroep. |
|---|
| Engels: shout(en), cry(en) Nederlands: schreeuw(nl) |
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| skreeu | — |
'n Harde gil.
Toe sy die muis sien, gee sy een skreeu en hardloop weg.
| Vertalings: |
|---|
| Engels: yell(nl), scream(en) Nederlands: schreeuw(nl) |