stok - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Stok
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| stok | stokke |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| stokkie | stokkies |
langwerpige dun voorwerp om te slaan, aan te raak, aan te dui (in toon), te ondersteun, te steek of te prik
Die "stokkie" van "grappies op 'n stokkie" verwys na 'n Middeleeuse hofnar se stokkie.[1]
| Vertalings: |
|---|
| Engels: stick(en), cane(en), wand(en) Nederlands: stok(nl) m |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | stok |
| Verlede Tyd | ek | het gestok |
om skielik te stop
om met 'n stok gestraf word
om 'n (vis)voorraad aan te vul
Sy kop het vooroor geval, sy asem het gestok, sy hart het bly stilstaan, sy oë het gebreek en alle lewenskrag het uit sy liggaam weggevloei.[2]
Om met ’n sweep geslaan of gegesel te word, verwys gewoonlik na die onwettige verkryging van geld en die gevolglike straf, terwyl om gestok te word verwys na strawwe en boetes. [3]
Ek het derhalwe hierdie my gastehuis van week tot week met voorraad gestok en het die voorraad meestal vir geld van Kapernaum laat kom[4]
| Vertalings: 1. skielik stop |
|---|
| Engels: halt(en) Nederlands: stokken(nl) |
| Vertalings: 2. met 'n stok gestraf wors |
|---|
| Engels: cane(en) Nederlands: stokslag krijgen(nl) |
| Vertalings: 3. voorraad aanvul |
|---|
| Engels: stock(en) Nederlands: bevoorraden(nl), (vis) uitzetten(nl) |