tronk - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die binnekant van 'n tronk.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| tronk | tronke |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| tronkie | tronkies |
Van Portugees tronco, van Latyn truncus.
Gevangenis; plek van aanhouding; 'n gebou of kompleks van geboue waar mense vir hul oortredings opgesluit word.
Mense wat in 'n tronk aangehou word, word gevangenes of prisoniers genoem.
Die personeel wat die tronk beman en bedryf word tronkbewaarders genoem.
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor tronk.
| Vertalings: tronk |
|---|
| Engels: prison(en) Nederlands: gevangenis(nl) |