vlieg - Wikiwoordeboek (original) (raw)
'n Vlieg (Thricops semicinereus).
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| vlieg | vlieë |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| vliegie | vliegies |
Uitspraak
| (lêer) |
|---|
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
(insekte) 'n Tweevlerkige insek wat aan die suborde
Brachycera behoort.
Voorbeeldsinne
'n Vlieg kan met sy twee vlerke op en af, na elke kant en selfs agteruit vlieg.
Spreekwoorde en gesegdes
«Twee vlieë met een klap slaan»
Twee take terselfdetyd hanteer.
Vertalings
| Vertalings: |
|---|
| Engels: fly(en) Esperanto: muŝo(eo) Nederlands: vlieg(nl) |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | vlieg |
| Verlede Tyd | ek | het gevlieg |
| Teenwoordige deelwoord | vlieënde |
Werkwoord
Betekenisse
Deur die lug beweeg.
Voorbeeldsinne
Hoe gereeld vlieg u na die buiteland?
Spreekwoorde en gesegdes
«'n Gebraaide hoender vlieg niemand in die mond nie.»
Resultate word slegs deur moeite, harde werk en inspanning verkry.
Vertalings
| Vertalings: |
|---|
| Engels: fly(en) Esperanto: flugi(eo) Nederlands: vliegen(nl) |
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor vlieg.