wa - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Vrou wat op 'n wa ry.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| wa | waens |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| waentjie | waentjies |
Hulp:IPA: [vɑː]
'n Tradisionele vervoermiddel met vier wiele wat deur 'n span trekdiere voortbeweeg word.
'n Deel van 'n trein; spoorwa; treinwa.
Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was.[1] Die sweep het geklap en die wawiele draai agter die rooispan aan (w:Trekliedjie).
Die eetsaal is in die derde wa.
ossewa, perdewa, bokwa, vangwa, woonwa, hooiwa.
Die wa voor die osse span (agterstevoor wees).
Voor op die wa wees (vrypostig wees; jouself voorop stel).
| Vertalings: |
|---|
| Engels: wagon(en), carriage(en) Nederlands: wagen(nl) |
- ↑ ~ C.J. Langenhoven