weg - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

'n Snelweg.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
weg weë
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
weggie weggies

Hulp:IPA: [vɛχ]

weg

  1. 'n Pad of straat; smal strook grond vir verkeer; baan of roete wat twee of meer plekke met mekaar verbind.

  2. 'n Manier om iets te bereik of reg te kry.

  3. Betogers het die weg met brandende bande versper. Ons moes dus 'n ander weg kies.

  4. Ons kom goed oor die weg. Probeer die probleem deur 'n ander weg oplos. Ek hoop hy vind sy weg voordat dit te laat is.

Waar 'n wil is, is 'n weg (as mens wil, kan hy baie vermag).

Hy baan die weg vir ons (skep die geleentheid).

Jy moet dit uit die weg ruim (van ontslae raak; verwyder; vernietig).

Vertalings: weg
Engels: way(en), path(en) Nederlands: weg(nl)
Bywoord
weg
  1. Van die huidige plek verwyder; êrens anders; afgeleë.

  2. Onvindbaar; kan nie gekry word nie; verlore.

  3. Oor of verby.

  4. Hy loop van die huis af weg.

  5. Dit kan tog nie sommer weg wees nie?

  6. Die pyn in my sy is weg.

As die kat weg is, is die muis baas (sonder goeie bestuur maak die mense nes hulle wil).

Sak en pak weg (met alle besittings vertrek).

Sy bont varkie is weg (effens mal)

Vertalings: weg
Engels: away(en), missing(en), gone(en) Nederlands: weg(nl)
Tussenwerpsel
weg

Iets of iemand verjaag; loop! trap!

Weg met hom! Weg met hom! Kruis toe[1]

Vertalings: weg
Engels: go away(en)
  1. Johannes 19:15

Kategorieë: