wurm - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
wurm wurms
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
wurmpie wurmpies

Sedert 810 in toponieme as worm 'kruipende ongediertes, ook byv. slange' in Oudnederlands bekend. Naas hierdie klankwettige vorm ook as wurm in oostelike dialekte. Van Proto-Germaans *wurmi-, *wurma-. Van Proto-Indo-Europees urmi-, *urmo-, *uormo-.[1]

(diere) 'n dier met 'n swak, meestal gesegmenteerde, langwerpige liggaam wat bilateraal simmetries is en geen stewige skelet besit nie. Hulle kan aan verskeie fila behoort, soos die op Wikispecies Annelida, op Wikispecies Plathyhelminthes, op Wikispecies Nematoda of op Wikispecies Nemertea

Die volwasse wurms leef in die dermkanaal van die hond waar hulle aan die slymvlies vasheg en bloed suig.[2]

Ringwurm, platwurm, draadwurm, haakwurm, pylwurm, tandmondwurm, rondewurm, snoerwurm, fluweelwurm, spuitwurm, peniswurm

Vertalings:
Engels: worm(en) Nederlands: worm(nl) m

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor wurm.

  1. Etymologiebank (nl)
  2. Bergbos 2025