Stereotipering van rotsklimmers: Ware helde of soekers na rampspoedige roem? (original) (raw)

Die doel met hierdie literatuurontleding is eerstens om die bestaan van ’n sogenaamde Eigernoordwandstereotipe (wat gedurende die 1930’s deur die media geskep is na aanleiding van ’n reeks noodlottige klimme teen die bergspits) te identifiseer; tweedens om die akkuraatheid van die stereotipe te ondersoek deur ’n literatuurontleding te doen van die persoonlikheidseienskappe van rotsklimmers soos in wetenskaplike tydskrifartikels gerapporteer, asook deur ’n ontleding van anekdotiese inligting wat beskikbaar is oor die onderliggende motivering van rotsklimmers.Die konstruk stereotipe word in ooreenstemming met die werk van Ashmore en Del Boca (soos na verwys in Jassim e.a. 2009) omskryf as ’n “reeks opvattings oor die persoonlike attribute van ’n sosiale groep” (my vertaling). Sewentien volteksartikels is opgespoor wat aan die kriteria vir insluiting voldoen en die verwysings word in tabel 1 aangedui. Die publikasiedatums strek van 1968 tot 2015 en die inligting dek ’n tydsverloop van ...