Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel - 'n tendensbepaling : geesteswetenskappe (original) (raw)
Abstract
Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing betree tans 'n fase wat as uiters dinamies en polities onstabiel beskryf kan word. Sedert die bewindsoorname van Jacob Zuma in 2009 is 'n tendens wat voorgehou kan word as die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staat duidelik waarneembaar. Dit is veral binne die raamwerk van die sogenaamde sekerheidsgroepering dat politieke en staatkundige magsbasisse toenemend sekurokraties deur die regering van president Zuma hanteer word. Deur gebruik te maak van 'n ontledingsraamwerk waarin tendensbepalings moontlik is, word daar veral op die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die intelligensiedienste as voorbeelde van sekurokratisering gekonsentreer. 'n Tendens bekend as neopatrimoniale pretorianisme word geidentifiseer met negatiewe implikasies en risiko's vir die konsolidering van demokratiese waardes binne die groter Suid-Afrikaanse staatkundige bestel. The securitisation of South African politics - a trend analysis The South Afr...

Loading Preview
Sorry, preview is currently unavailable. You can download the paper by clicking the button above.
References (43)
- Africa, S.E. 2012. The policy evolution of the South African Security Sector: lessons and challenges. Geneva: Centre for the Democratic Control of Armed Forces (GCDCAF). (Policy paper, no. 33).
- Bratton, M. en N. van de Walle. 1997. Democratic experiments in Africa: Regime transitions in comparative perspective. Cambridge: Cambridge University Press.
- Calland, R. 2013. The Zuma years: South Africa's changing face of power. Kaapstad: Zebra Press.
- Clapham, C. 1986. Third world politics: An introduction. Londen: Croom Helm.
- Cronjé, F. 2014. A time traveller's guide to our next ten years. Kaapstad: NB-uitgewers.
- Duncan, J. 2014. The rise of the Securocrats: The case of South Africa. Johannesburg: Jacana. -. 2015. Serve and protect? Konsepverslag geskryf vir die United Front wat handel oor polisiegeweld tydens protesaksie. Ongepubliseer. In artikelskrywer se argief.
- Du Plessis, L.J. 1941. Die moderne staat. Stellenbosch: Pro Ecclesia.
- Du Preez, M. 2014. A rumour of spring: South Africa after 20 years of democracy. Kaapstad: Zebra Press.
- Duvenhage, A. 1994. Die transformasie van politieke instellings in oorgangstye: 'n Rekonstruksie, interpretasie en evaluasie van S.P. Huntington se teoretiese bydrae. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
- -. 2014a. Die postverkiesingsomgewing: 'n Perspektief vir die Afrikaner en die Afrikanerbond. Potchefstroom: Afrikanerbond.
- -. 2014b. Suid-Afrika na 20 jaar van demokrasie: Ideologiese vertrekpunte en demokratiese konsolidasie (grondwetlike krisis?). Potchefstroom: Afrikanerbond.
- Economist, The. 2012. Cry the beloved country / Over the rainbow. 20 Oktober, ble. 22-4.
- Frankel, P.H. 1984. Pretoria's praetorians: Civil-military relations in South Africa. Londen: Cambridge University Press.
- Greffrath, W.N. 2015. State dysfunction: the concept and its application to South Africa. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom).
- Greffrath, W.N. en A. Duvenhage. 2013. The Arab spring: Societal and institutional insights for the South African context. Botswana Journal of African Studies, 27(2):378-97.
- Grundy, K.W. 1988. The militarization of South African politics. New York: Oxford University Press.
- Habib, A. 2013. South Africa's suspended revolution: Hopes and prospects. Johannesburg: Wits University Press.
- Heywood, A. 2013. Politics. New York: Palgrave Macmillan.
- Huntington, S.P. 1965. Political development and political decay. World Politics, 17(2):386-430.
- -. 1968. Political order in changing societies. Londen: Yale University Press.
- Johnson, J.J. (red.). 1962. The role of the military in underdeveloped countries. Princeton, NJ: Princeton University Press
- Johnson, R.W. 2015. How long will South Africa survive: The looming crisis. Kaapstad: Jonathan Ball.
- Kraska, P. 2007. Militarisation and policing -its relevance to 21st century policing. Policing, 1(4):501-13.
- Linz, J.J. en A.C. Stepan. 1996. Toward consolidated democracies. Journal of Democracy, 7(2):14-33.
- Mazrui, A.A. 1995. The blood of experience: The failed state and political collapse in Africa. World Policy Journal, (9)1:28.
- Migdal, J.S. 1988. Strong societies and weak states: State-society relations and state capabilities in the Third World. Princeton, NJ: Princeton University Press.
- O'Donnell, G. 1996. Illusions about consolidation. Journal of Democracy, 7(2):34-51.
- Palmer, M. 1989. Dilemmas of political development. Itasca, IL: Peacock.
- Parson, R. 2013. Zumanomics revisited: The road from Mangaung to 2030. Johannesburg: Jacana.
- Poggi, G. 1990. The state: Its nature, development and prospects. Cambridge: Polity Press.
- Pye, L.W. 1962. Armies in the process of political modernization. In Johnson (red.) 1962.
- Right2Know Campaign. 2013. Secret state of the nation report. http://www.rzk.org.za. (Julie 2015 geraadpleeg).
- Tilly, C. 1975. The formation of national states in western Europe. Princeton, NJ: Princeton University Press.
- Van den Berg, M.A. 2014. The intelligence regime in South Africa (1994-2014): An analytical perspective. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom).
- Weber, M. 1947. The theory of social and economic organisation. Vertaal deur T. Parsons. New York: Oxford University Press. de Walle (1997:62) verwys na "[...] the incorporation of patrimonial logic into bureaucratic institutions."
- Hierdie konsep is 'n poging om die plek en rol van veiligheidsinstellings binne die konteks van verswakkende en/of "korrupte" state waarvan die praktyk duidelik waarneembaar is binne 'n Afrika-konteks en al sigbaarder word binne die huidige Suid-Afrikaanse opset, toe te lig.
- Sien Duvenhage (2014a:1-29 en 2014b:1-28) vir 'n volledige ontleding van die makropolitieke omgewing in Suid-Afrika.
- Vergelyk Du Preez (2014), Calland (2013), Parson (2013), Habib (2014), Cronjé (2014) en Greffrath en Duvenhage (2013) vir perspektiewe oor politieke stabiliteit en die politieke ekonomie van Suid-Afrika.
- In 'n onlangse werk van R.W. Johnson (2015) maak hy selfs 'n projeksie van 'n opbouende finansiële krisis met as uitkoms 'n "regimeverandering" binne die volgende twee jaar. Ontleders en politieke kommentators is in die algemeen negatief oor die situasie van veral die politieke ekonomie in Suid-Afrika.
- 9 Operasie Fiela-Reclaim, waarby beide die SAPD en SANW betrokke is, beklemtoon onregmatige optredes teen dwelmgebruikers, prostitute en onwettige immigrante. Lawyers for Human Rights is tans in 'n hooggeregshofgeding met die regering gewikkel oor die sekurokratiese aard en die niegrondwetlike uitvoering van Operasie Fiela-Reclaim. Sommige beskou dit as 'n institusionele voortsetting van die onlangse episode van xenofobie in Suid- Afrika.
- Dit is of die SANW (in teenstelling met wat die geval in die 1980's was) se rol meer sekondêr is wanneer dit kom by huidige tendense van sekurokratisering. Dit blyk dat in meer funksionele state die rol van die weermag sterker is terwyl die rol van veral die polisiedienste meer prominent raak in omgewings waar die staat verswak.
- Dit was hierdie misbruik van "politieke intelligensie" en die gepaardgaande manipulering van staatsinstellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag wat aangewend is om Jacob Zuma na sy politieke oorwinning by Polokwane van alle skuld en aanklagte (waaronder sowat 800 korrupsie-aanklagte) kwyt te skel. Hierdie kwytskelding word egter bevraagteken, deur veral opposisiepartye, en word vandag steeds voortgesit onder die vlag van die "spioenasiebande" met hofsake wat in proses is.
- Vergelyk die studiestuk van Duvenhage (2014b:19-26).