PREDAC 2019 Poster: Storyboarding in class, Afrikaans (original) (raw)
2019
Abstract
'Storyboarding' is 'n visuele vertolkings en koöperatiewe leerinstrument waarby leerlinge op elke vlak van onderig voordeel kan trek. Hierdie visuele vertoning stel leerlinge in staat om die interverwantskap tussen kernbegrippe, soos uitgelê in hul module raamwerk, te verstaan. Konsepte en idees word in 'n duidelike visuele vorm op 'n bord vertoon en sluit in (i) hersiening van die onderwerp en inleiding tot meer gevorderde konsepte as deel van die onderwerp, (ii) die leerdoelwitte, (iii) tyd vir leerlinge om binne en buite die klas voor te berei, (iv) bottelnekke en (v) insig en kontekstualisering van gevorderde leerinhoud. Leerlinge word dan uitgedaag om hierdie kernbegrippe op te soek in 'n woordraaisel, om die verwantskappe tussen die begrippe te identifiseer en 'n vraag binne die konteks van die begrippe te formuleer. 'Storyboarding' in die klaskamer bied leerlinge die kans om beide kritiese en kreatiewe denkwyse te ontwikkel. Dit voorsien ook 'n interaktiewe leeruimte waar leerlinge die leerdoelwitte kan kontekstualiseer en toepas.
Bianke Loedolff hasn't uploaded this paper.
Let Bianke know you want this paper to be uploaded.
Ask for this paper to be uploaded.