Fox by Gray-Fox-Trot on DeviantArt (original) (raw)

ek het agter gekom nadat jy jou tattoo ontwerp het dat daar iets nuuts gegroei het in jou styl en in die skets is dit heelwat sigbaar, ek hou van die manier hoe jy heelwat meer kontoer lyne sigbaar het, die skets beeld heelwat meer vorm uit as enige van jou vorige sketse agv dit, ek weet nie as jy al agter gekom het nie, maar as mens die skets lanks al jou vorige werk plaas sal die res baie mer 2demensioneel lyk as wat hulle gewoonlik doen. die twee ringe op die stert is net 'n klein bietjie te ovaal, maar ek kan dit eintlik nie sie nie want ek weet natuurlik nie hoe 'n deursnit van die stert lyk nie, so dit is net gebaseer op persoonlike ondervinding. ek gaan die een oog vaf omdat ek rerig dit raak sien as 'n sprong in jou kuns. dalk is dit agv universiteit, dalk is dit omdat jou kuns begin wegkyk van dir oorspronklike "manga" georeinteerde werk waarop jy gekonsentreer het, en nou, meer as ooit, word jou werk meer oorspronklik en meer jy.