hamer - Wikiwoordeboek (original) (raw)
[1] 'n Hamer (klouhamer).
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| hamer | hamers |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| hamertjie | hamertjies |
Uitspraak
| (lêer) |
|---|
Woordafbreking
ha•mer
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- (gereedskap) Werktuig waarmee gekap en geslaan word.
- (anatomie) Een van die gehoorbeentjies in die oor.
- Onderdeel van 'n klavier wat die snare slaan as die toetse afgedruk word.
- Slagmeganisme van 'n vuurwapen wat die koeël laat ontbrand.
Voorbeeldsinne
- Hy probeer die hamer so hard as moontlik op die spyker se kop te slaan, maar tref per ongeluk sy duim.
- Die hamer het 'n belangrike funksie by die oordrag van klank in die oor.
- Wanneer die hamers nader aan die snare is sal die klavier sagter speel.
- As die sneller getrek word ontkoppel die hamer van die glipnok, die hamer beweeg vorentoe en slaan die rondte se slagdoppie waarop die wapen vuur.
Holonieme
2.: middeloor
Hiperonieme
2.: gehoorbeentjie.
Vertalings
| Vertalings: hamer |
|---|
| Engels: hammer(en) Esperanto: martelo(eo) Nederlands: hamer(nl) |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | hamer |
| Verlede Tyd | ek | het gehamer |
Werkwoord
Betekenisse
- Met 'n hamer kap/inslaan.
- Swaar nadruk op iets lê.
Betekenisse
- Hy hamer nog 'n paar spykers deur die hout.
- Die onderwyser het so die onderwerp gehamer dat die kinders 'n paar vrae daaroor verwag het.
Vertalings
| Vertalings: hamer |
|---|
| Engels: hammer(en) Nederlands: hameren(nl) |
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor hamer.