aanvaar - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

(klemtoonhomogram)

  1. Aanvaar
  2. Aanvaar

Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek aanvaar
(in bysin) ... dat ek aanvaar
Verlede Tyd ek het aanvaar
Onbepaalde wys om te aanvaar
Teenwoordige deelwoord aanvaardende
Verlede deelwoord aanvaarde
  1. Om in besit te neem.

  2. Om 'n bepaalde amp of taak op te neem.

  3. Bereid wees om te berus in iets; nie daarteen stry nie; daarmee saamgaan.

  4. Sy het die geskenk aanvaar.

  5. Hy aanvaar die amp as voltydse redakteur van die Kerkbode.

  6. Huxley was traag om sekere van Darwin se idees te aanvaar, maar het Darwin heelhartig in die openbaar ondersteun.

Vertalings:
Engels: accept(en) Nederlands: aanvaarden(nl):Nederlands: accepteren(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek vaar aan
(in bysin) ... dat ek aanvaar
Verlede Tyd ek het aangevaar
Onbepaalde wys om aan te vaar
Teenwoordige deelwoord aanvarende
Verlede deelwoord aangevaarde
  1. 'n Hawe besoek; aandoen.

  2. Stamp; teen 'n ander skip of ander ding vaar.

  3. Hulle moes by Kaapstad aanvaar om vars water en vrugte te laai.

  4. Daar was 'n gevaar om deur die digte mis aangevaar te word.

Vertalings:
Engels: sail(en) Nederlands: aanvaren(nl)

Kategorieƫ: