bek - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

'n Hond se bek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
bek bekke
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
bekkie bekkies

bek

  1. Die mond van 'n dier of snawel van 'n voël.
  2. (disfemisme) Die mond van 'n mens.
  3. Opening wat aan 'n mond herinner.
  4. Die kat dra sy kleintjies in sy bek.
  5. Die vent se bek is te groot, hy moet sy smoel hou.
  6. Die grot se bek het toegeval.

«Hy is net bek

Hy is 'n grootprater.

«Sy is glad van bek

Sy kan goed praat.

«Hy is bek-af.»

Hy is baie mismoedig.

«Sy is nie op haar bek geval nie.»

Sy kan baie goed en pittig praat.

«Hy sit met 'n dik bek

Hy is ontevrede en nukkerig.

«So 'n bek kort jêm!»

Dit maak sin; dis die moeite werd om te luister wat gesê word.

Vertalings: bek
Engels: beak(en), snout(en) Nederlands: bek(nl)

Kategorieë: