boeket - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Boeket 1)
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| boeket | boekette |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| boeketjie | boeketjies |
Sedert omtrent 1480 in Middelnederlands as boeckeetken 'bundeltjie blomme' bekend. Van Frans bouquet wat van boscet 'bossie' kom. Bosc kom van Oudnederlands of Proto-Germaans *buska- 'bos'. In die betekenis 'aangename geur' is dit eers omtrent 1889 uit Frans geleen.[1]
boe•ket
'n Versameling blomme in 'n kreatiewe rangskikking wat 2) versprei (of nie)
'n Aangename geur
Maak jou liefling gelukkig en verhelder hul dag met 'n lewendige en vreugdevolle boeket gemengde kleurvolle Gerberas en vars groenigheid.[2]
Die wyn het 'n diep robynrooi kleur met 'n boeket van wilde kaneel, potloodskaafsels en geurige note van speserye en swartpeper.[3]
| Vertalings: 1. Versameling blomme |
|---|
| Engels: bouquet(en) Nederlands: boeket(nl) o |
| Vertalings: 2. Aangename geur |
|---|
| Engels: bouquet(en) Nederlands: boeket(nl) o |