bok - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

[1] 'n Mak bok.

[2] 'n Wildsbok.

[3] 'n Bok vir die beoefening van gimnastiek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
bok bokke
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
bokkie bokkies

bok

  1. Mak soogdier wat as kleinvee aangehou word; 'n lid van die familie op Wikispecies Caprinae.

  2. Wildsbok; plantvretende ewehoewige soogdier wat in die natuur voorkom; lid van die familie op Wikispecies Bovidae.

  3. Ringperd; 'n apparaat wat vir gimnastiek gebruik word.

  4. Elke plaas behoort 'n bok of wat vir melk en vleis aan te hou.

  5. Die bok het geskrik en oor die wildtuin se draad gespring.

  6. Die gimnas moet homself met net sy hande bokant die bok hou. Geen ander deel van sy liggaam mag aan die bok raak nie.

«Sonder kruit 'n bok skiet.»

'n Flater begaan.

«Vleis braai voor jy die bok skiet.»

Op iets staatmaak voor jy daar sekerheid oor het.

«Bang soos 'n bok vir 'n skoot hael.»

Baie bang wees.

«’n Ou bok hou van jong blare.»

Ou mans hou soms van jong meisies.

«Hoe ouer die bok, hoe harder die horing.»

Hoe ouer 'n mens is, hoe meer ervare is hy.

«'n Ou bok lus ook wel 'n groen blaartjie.»

'n Ouerige mens hou ook van iets lekkers.

Vertalings: Mak bok
Engels: goat(en) Nederlands: bok(nl)
Vertalings: Wildsbok
Engels: antelope(en), buck(en) Nederlands: bok(nl)
Vertalings: Apparaat vir gimnastiek
Engels: vaulting-horse(en) Nederlands: bok(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor bok.

Nederlands (nl)

Enkelvoud Meervoud
Naamwoord bok m bokken
Verkleinwoord bokje bokjes

Hulp:IPA: [bɔk]

Manlike lid van op Wikispecies Capra aegagrus hircus

Bokkenwagen

Noors boekmaal (nb)

Naamval Enkelvoud Meervoud
Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief bok v (tot 1938:) g boka, (tot 1938:) boken bøker bøkene
Genitief boks bokas, (tot 1938:) bokens bøkers bøkenes

IPA: [buːk]

Boek

Naamval Enkelvoud Meervoud
Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief bok (tot 1938:) g boka, (tot 1938:) boken boker bokene
Genitief boks bokas, (tot 1938:) bokens bokers bokenes

Beuk

bøk

Nieu-Noors (nn)

Naamval Enkelvoud Meervoud
Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief bok v boka, (tot 1938:) boki bøker bøkene
Genitief boks bokas, (tot 1938:) bokis bøkers bøkenes

IPA: [buːk]

Boek

Naamval Enkelvoud Meervoud
Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief bok v boka, (tot 1938:) boki boker bokene
Genitief boks bokas, (tot 1938:) bokis bokers bokenes

Beuk

bøk

Sweeds (sv)

Naamval Enkelvoud Meervoud
Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief bok g boken bokar bokarna
Genitief boks bokens bokars bokarnas

Hulp:IPA: [buːk]

Beuk

Naamval Enkelvoud Meervoud
Onbepaald Bepaald Onbepaald Bepaald
Nominatief bok g boken böcker böckerna
Genitief boks bokens böckers böckernas

Boek