dors - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
dors

behoefte om te drink, of figuurlik vir iets anders

  1. Dis in mekaar, in die natuur, in “purpose” en in die dors vir die lewe dat ons deur die hartseer kan kom.[1]
Vertalings:
Engels: thirst(en) Nederlands: dorst(nl) m
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend dors
Vergrotend dorser
Oortreffend dorsste

wat water nodig het

  1. Wat is die dorsste? Watergebruik by akkerbougewasse. Plante is dors. [2]
Vertalings:
Engels: thirsty(en) Nederlands: dorstig(nl)
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend dor dorre dors
Vergrotend dorder dorders
Oortreffend dorste

Partitiewe vorm van dor.

  1. Waarskynlik weens die manier waarop die lig geskilder is, lê hier iets dors en droogs in atmosfeer, en daarom ook tipies Suid-Afrikaans[3]
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek dors
Verlede Tyd ek het gedors
Teenwoordige deelwoord dorsend
Verlede deelwoord gedorste
  1. (landbou) Om die kaf van die koring te skei

  2. My pa het in die tyd waarna hy verwys die Bekkers en ander se koring gedors. Hulle het ryk oeste gehad.[4]

Vertalings:
Engels: thresh(en) Nederlands: dorsen(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek dors
Verlede Tyd ek het gedors
Teenwoordige deelwoord dorstenddorsend
  1. Om die behoefte te ondervind om te drink

  2. En ek het hierdie taak in besonder vir ons Franse landgenote verrig, want ek het besef dat daar uiters baie van hulle was wat na Christus gehonger en gedors het.[5]

Vertalings:
Engels: thirst(en) Nederlands: dorsten(nl)
  1. Voertaal; Luna Paige; 2024
  2. SA grain magazine; 2024
  3. UP repository; Die werk van David Canty; Riena van Graan; 1964
  4. Netwerk24; Ryk oeste van die 1960s; 2018
  5. Calvyn 1535 in HW Simpson se vertaling; Eric Kayayan; 2011

Kategorieë: