kar - Wikiwoordeboek (original) (raw)

[1] 'n Motorkar.

[2] 'n Perdekar.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
kar karre
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
karretjie karretjies

Uitspraak

(lêer)

Selfstandige naamwoord

Betekenisse

  1. 'n Motorkar.
  2. 'n Voertuig (oorspronklik met twee wiele en deur perde of ander trekdiere getrek).

Voorbeeldsinne

  1. Mensig, maar jy het 'n mooi karretjie gekoop.
  2. Ons moet dorp toe gaan, span die perde voor die kar.

Spreekwoorde en gesegdes

«Die kar voor die perde span.»

Agterstevoor te werk gaan.

«Die druiwekar ry.»

Dronk wees.

Vertalings

Vertalings: 1. Motorkar
Engels: car(en), automobile(en) Esperanto: aŭto(eo) Nederlands: auto(nl)
Vertalings: 2. Die oorspronklike voertuig
Engels: carriage(en), cart(en) Nederlands: kar(nl)