meter - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Een meter is 100 cm of 1000 mm.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
meter meters
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
metertjie metertjies

me•ter

  1. (eenhede) Die SI-basiseenheid van lengte, met die simbool m aangedui.

  2. Meetinstrument, gereedskap of toestel om groothede (mate, gewigte) te bepaal.

  3. 'n Persoon wat meetwerk doen of meters aflees.

  4. Die boom is 3 meter hoog.

  5. Die meter se wyser mag nie in die rooi gebied kom nie.

  6. Die meter neem die lesings een keer per maand.

  7. m

Vertalings:
Engels: meter(en) Nederlands: meter(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor meter.