nag - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Die maan skyn oor die see.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| nag | nagte |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| naggie | naggies |
Uitspraak
| (lêer) |
|---|
IPA: [nɑχ], meervoud: [ˈnɑχtə]
Met Arabiese letters
نَخْ , meervoud: نَخْتِی
Selfstandige naamwoord
Betekenisse
- Tydsverloop tussen onder- en opgang van die son.
- Duisternis; ellende.
Voorbeeldsinne
- Die maan skyn in die nag.
- Hulle hou kwalik kop bo water, dit is nag daar.
Antonieme
Vertalings
| Vertalings: nag | |
|---|---|
| Arabies: ليل(ar) (lail), (enkele nag:) ليلة(ar) (laila) Bosnies: noć(bs) Deens: nat(da) Duits: Nacht(de) Engels: night(en) Esperanto: nokto(eo) Frans: nuit(fr) Goties: 𐌽𐌰𐌷𐍄𐍃(got) (nahts) Interlingue: nocte(ie) Italiaans: notte(it) Klingon: ram Kroaties: noć(hr) Latyn: nox(la) Luxemburgs: Nuecht(lb) | Noors: natt(no) Nederlands: nacht(nl) Russies: ночь(ru) (notsj) Serwies: ноћ(sr) (noć) Spaans: noche(es) Swahili: usiku(sw) Sweeds: natt(sv) Tsjeggies: noc(cs) Turks: gece(tr) Turks (Osmaans): گیجه(osm) (gece) Venda: vhusiku Volapük: neit(vo) Xhosa: ubusuku Zoeloe: ubusuku(zu) |
| Tussenwerpsel |
|---|
| nag |
Tussenwerpsel
Betekenisse
'n Groet in die aand voordat iemand gaan slaap.
Voorbeeldsinne
Nag, lekker slaap ou grote.
Vertalings
| Vertalings: nag |
|---|
| Engels: night(en) |
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor nag.