pas - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
pas passe
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
passie passies

Hulp:IPA: [pɑs]

pas

  1. 'n Pad oor 'n berg.

  2. Verlofbrief; paspoort.

  3. Stap; masjeer; vooruitgang van gebeure.

  4. Montagupas is 'n skilderagtige pas wat 'n groot aantal toeriste trek.

  5. Sy het haar pas verloor.

  6. Jy moet die pas hou.

«Iemand die blou pas gee.»

Iemand afsê of in die pad steek.

Vertalings: pas
Engels: pass(en), dismissal(en), pace(en) Nederlands: pas(nl)
Tydvorm Persoon Woordvorm
Teenwoordige Tyd ek pas
Verlede Tyd ek het gepas
  1. Reg sit; groot genoeg wees en goed lyk.

  2. Twee dinge wat bymekaar hoort; goed saamgaan.

  3. Wat reg is met iemand; geleë wees.

  4. Die jas pas jou goed. Die soen pas perfek.

  5. Jou kouse pas nie by mekaar nie.

  6. Sal dit jou pas as ek more daarlangs kom?

«As die skoen jou pas, trek hom aan.»

As jy skuldig voel, moet jy wat gesê is, op jouself toepas.

«Dit pas so in my kraam.»

Iets is presies soos iemand dit wil hê.

«'n Mou aan iets pas

'n Oplossing vind.

«Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt.»

Wie laat kom, kry geen kos nie.

Vertalings: pas
Engels: fits(en), suit(en) Nederlands: passen(nl)
Bywoord
pas
  1. 'n Kort tydjie gelede.

  2. Skaars of net.

  3. Ek het pas afgestudeer.

  4. Ek het pas gaan lê, toe lui die deurklokkie.

Vertalings: pas
Engels: scarcely(en), hardly(en), just(en) Nederlands: pas(nl)