Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie (original) (raw)

Politieke transformasie : 'n konseptuele oriëntering en Suid-Afrikaanse toepassing

2005

In hierdie artikel word die konsep politieke transformasie, soos wat dit sedert 1994 plaasgevind het, geanaliseer en daarna empiries op die Suid-Afrikaanse konteks toegepas. Politieke transformasie as reaksie teen 'n onaanvaarbare verlede word uiteengesit as reaktiewe, progressiewe, beplande, fundamentele en snelle verandering. Die fenomeen politieke transformasie word as 'n uiters dinamiese samelewingsproses verduidelik teen die agtergrond van die hegemonie van die ANC; die herstrukturering van die opposisiepolitiek; politieke en ekonomiese kapasiteite; politieke konflik en patrone van geweld; en die uitwerking van die Suid-Afrikaanse transformasiepogings op die Suider-Afrikaanse gemeenskap. Die uitwerking van die vorige (apartheids-) regering se ewolusionêre veranderings op die ANC se rewolusionêre strategie word in perspektief geplaas, sowel as die implikasies hiervan vir die Suid-Afrikaanse samelewing en politiek. Political transformation: a conceptual orientation and South African application In this article the concept of political transformation, as it has occurred since 1994, is analysed and then empirically applied in the South African context. Political transformation in reaction to an unacceptable political past is presented as a reactive, progressive, planned, fundamental and rapid change. The phenomenon of political transformation-as an extremely dynamic societal process-is explained against the background of the political hegemony of the ANC; the restructuring of opposition politics; political and economic capacity; political conflict and patterns of violence, as well as the impact of South Africa's transformation initiatives on the Southern African community. The article places in perspective the influence of the previous (apartheid) government's evolutionary change on the ANC's revolutionary strategy, as well as the implications for South African society and politics.

Politieke transformatisme in Suid-Afrika: Implikasies vir die staat, die ekonomie en die samelewing

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 2021

Vorme van sosiogeniëring, byvoorbeeld kolonisasie, apartheid en vorme van radikale sosialisme (Ujamaa - sosialisme in Tanzanië, en radikale grondhervorming in Zimbabwe), was meestal 'n mislukking met katastrofiese gevolge vir die onderskeie state, hul ekonomieë en selfs die betrokke samelewingsordes. Dikwels is die omgekeerde bereik van juis dít wat in die vooruitsig gestel is. Die mislukking van apartheid (soms voorgehou as afsonderlike ontwikkeling) is nog vars in die geheue as voorbeeld van bogenoemde. Uitgaande van die idee (of ideologie) van die Nasionaal Demokratiese Rewolusie, het die oorhoofse beleidsraamwerk van politieke transformasie in Suid Afrika beslag gekry - die teenvoeter vir die historiese apartheid- en koloniale praktyke. Die doel van hierdie ideologie is om, met behulp van radikale (transformatiewe verandering), 'n samelewing wat verenigend, nierassig, nieseksisties en ontwikkelingsgerig is te bewerkstellig. Die sentrale fokus is verteenwoordigendheid op ...

Die Middeleeuse Yslandse saga:'n kreatiewe Afrikaanse perspektief

2004

'n taal is. Hierdie studie is nie bemoei met sulke taalkundige vraagstukke nie, so eenvoudigheidshalwe word Renfrew (1989: 68) gevolg en Vlaams word as taal genoem. 2. Wát presies Afrikaans se verhouding tot Nederlands is, is blykbaar 'n kontroversiële vraag. Van der Merwe et al. (1972: 16) skryf: Oor die ontstaan van Afrikaans bestaan daar veral drie gedagterigtings, nl. een dat Afrikaans spontaan uit 17de eeuse Nederlands ontwikkel het, en die ander dat 'n talebotsing tussen Nederlands en 'n vreemde nie-Germaanse taal plaasgevind en Nederlands tot Afrikaans laat verander het, terwyl die derde groep 'n middeweg soek. Aangesien die vraag oor die presiese verhouding tussen hierdie tale nie binne die spektrum van hierdie studie val nie, kan daar net op die volgende gelet word: 1) sonder Nederlands sou daar geen Afrikaans wees nie; en 2) die Afrikaner is fisies en kultureel oorwegend Europees.

Gehalteverbetering in hoër onderwys:'n kritiese oorsig, met verwysing na Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en …, 2011

In die lig van die kontroversie waardeur stelsels vir gehalteversekering vir hoër onderwys wêreldwyd gekenmerk word, verskaf hierdie artikel 'n kritiese oorsig van die teorie en praktyk van gehalte in hoër onderwys. 'n Oorsig van die stand van sake in Suid-Afrika word ook verskaf, met die fokus op die nuwe gehalteversekeringstelsel vir hoër onderwys wat tans geïmplementeer word. Ten spyte van goeie bedoelings, neig die nuwe stelsel vir Suid-Afrika egter tot oordrewe burokrasie, met 'n beperkte potensiaal vir diepgaande verandering en die bevordering van gehalte. Dit is as gevolg van die klem daarvan op toerekenbaarheid (accountability), eerder as op voortdurende verbetering (continuous improvement). Werklike verbetering is 'n intern-gedrewe proses wat nie deur burokratiese meting en beheer bewerkstellig kan word nie. In pas met die internasionale ervaring toon hierdie artikel aan dat 'n meer plooibare begrip van wat gehalte in die konteks van hoër onderwys beteken, in Suid-Afrika benodig word. Só 'n benadering behoort bo en behalwe die definiëring en versekering van gehalte, ook op die verbetering daarvan gerig wees. Die vertrekpunt moet egter gehalteverbetering en nie gehaltebeheer en-versekering wees nie.

Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel - 'n tendensbepaling : geesteswetenskappe

2016

Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing betree tans 'n fase wat as uiters dinamies en polities onstabiel beskryf kan word. Sedert die bewindsoorname van Jacob Zuma in 2009 is 'n tendens wat voorgehou kan word as die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staat duidelik waarneembaar. Dit is veral binne die raamwerk van die sogenaamde sekerheidsgroepering dat politieke en staatkundige magsbasisse toenemend sekurokraties deur die regering van president Zuma hanteer word. Deur gebruik te maak van 'n ontledingsraamwerk waarin tendensbepalings moontlik is, word daar veral op die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die intelligensiedienste as voorbeelde van sekurokratisering gekonsentreer. 'n Tendens bekend as neopatrimoniale pretorianisme word geidentifiseer met negatiewe implikasies en risiko's vir die konsolidering van demokratiese waardes binne die groter Suid-Afrikaanse staatkundige bestel. The securitisation of South African politics - a trend analysis The South Afr...

Die deiktiese ruimte as struktuurmiddel in die Afrikaanse prosa

1987

'proximal' deictics relating to the speaker's present context and situation of utterance ('here', 'thi.3', 'these' , 'now', the present tense, et cetera) have a far more important function in the drama than the unmarked 'distal' variety regarding distant or excluded objects, times and places ('there', 'that', 'those', 'then', the past tense, et cetera), which instead, are typical of the narrative language". Dit hang onder meer saam met die feit dat die vertelinstansie in die drama

Politieke verval as 'n patroon van politieke verandering : 'n teoreties-verkennende perspektief

Journal of Contemporary History, 2003

Wereldwyd is politieke verandering en soms politieke transformasie (ingrypende sentraal-beplande politieke verandering van 'n progressiewe aard) aan die orde van die dag. Die aard en uitkoms van hierdie politieke verandering verskil van staat tot staat en van samelewing tot samelewing, wat daarop neerkom dat biljoene mense daagliks gekonfronteer word met die uiteenlopende en dikwels konflikterende eise van 'n veranderende politieke omgewing.

Ses grade van Gerben Kamper" : 'n verkenning van samewerkingsnetwerke in die Afrikaanse toneelbedryf (2010-2015) : geesteswetenskappe

Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2016

Samewerkingsnetwerke binne kulturele bedrywe is reeds met verwysing na film (byvoorbeeld Guillaume en Latapy 2006) en musiek (Gleiser en Danon 2003) bestudeer. In Suid-Afrika is die Afrikaanse filmbedryf ook sodanig ontleed (Senekal 2015b). In die huidige artikel word die samewerkingsnetwerke in die hedendaagse Afrikaanse toneelbedryf (2010-2015) bestudeer. Met verwysing na toneelproduksies wat in hierdie tydperk by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), Aardklop en Vryfees opgevoer is, word die samewerkingsnetwerk tussen alle rolspelers as 'n netwerk ontleed, met inagneming van alle persone wat by hierdie produksies betrokke was. Die netwerkstruktuur word in sy geheel bestudeer, maar die fokus val op die identifisering van die belangrikste rolspelers en veral op die konsep van 'n pad in netwerke. Daar word bevind dat die Afrikaanse toneelbedryf minder heg verbind is as die filmbedryf, met 20 aparte groeperings wat in die netwerk voorkom en nie met die res van die netwerk skakel nie. Daar word ook aangedui watter persone by die grootste getal produksies in die toneelbedryf betrokke was-ook of hulle by die regie, teks of as akteur betrokke was-en die mees sentrale en belangrikste figure in die netwerk word uitgelig.