knoop - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Afrikaans (af)
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| knoop | knope |
| Verkleiningsvorm | |
| Enkelvoud | Meervoud |
| knopie | knopies |
(skeepvaart) 'n Draai in 'n lyn of tou waardeur daardie lyn of tou aan homself of 'n ander lyn of tou verbind is.
(kleding) 'n Middel om 'n kledingstuk vas te maak, gewoonlik 'n dun plaatjie gemaak van harde materiaal met twee of vier gaatjies, wat dit maklik maak om aan en uit te trek. Dit word ook gebruik om klere te versier.
(skeepvaart), (lugvaart), (eenhede) 'n maateenheid vir snelheid wat veral in seevaart en gemotoriseerde lugvaart gebruik word. Een knoop is een seemyl per uur.
(astronomie) een van twee punte waar ’n wentelbaan ’n verwysingsvlak kruis waarmee dit ’n helling vorm.
(plantkunde) 'n min of meer verdikte area op die stam van 'n plant, veral waar die blare aan die stam heg.
Knope word daagliks gebruik, sommige knope word so baie gemaak dat ʼn mens nie eens dink dat dit ʼn knoop is nie.[1]
Wie se knoop is dit? Tinnie Tim staan langs die pad toe 'n knoop na hom toe aangebons kom[2]
'n Skip wat teen sowat 10 knope per uur vaar, beweeg dus sowat 18,5 kilometer per uur.[3]
’n Wentelbaan sonder ’n helling, wat op die verwysingsvlak voorkom, het geen knope nie.
Die basiese beginsel van stegvorming is dat jy die steggie aan die lewe hou totdat die plantselle by die knoop of snit begin wortels maak.[4]
| Vertalings: 1. in 'n tou |
|---|
| Engels: knot(en) Nederlands: knoop(nl) m |
| Vertalings: 2. aan 'n jas of hemp |
|---|
| Engels: button(en) Nederlands: knoop(nl) m |
| Vertalings: 3. meeteenheid |
|---|
| Engels: knot(en) Nederlands: knoop(nl) m |
| Vertalings: 4. astronomie |
|---|
| Engels: orbital node(en) Nederlands: knoop(nl) m |
| Vertalings: 5. plantkunde |
|---|
| Engels: node(en) Nederlands: knoop(nl) m, nodium(nl) o |
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | knoop |
| Verlede Tyd | ek | het geknoop |
| Teenwoordige deelwoord | knopend | |
| Verlede deelwoord | geknoopte |
Om iets met 'n knoop 1) te bevestig
- Leer ook ʼn paar interessante maniere om jou das en serp te knoop[5]
| Vertalings: |
|---|
| Engels: tie(en) Nederlands: knopen(nl) |