lees - Wikiwoordeboek (original) (raw)
Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Die vrou lees 'n boek.
Afrikaans (af)
Die werkwoord lees is uit Oudnederlands sedert omstreeks 1100 as lesen bekend met die betekenis versamel, opraap. Die woord het ontstaan uit Proto-Germaans *lesan- en Proto-Indo-Europees *les- (versamel). Die betekenis "teks ontleed" is Wes-Germaans en in Oudnederlands bekend sedert 1150–1200.[1]
Die selfstandige naamwoord lees is sedert 1330 uit Middelnederlands bekend as lêst. Dit is 'n erfwoord uit Proto-Indo-Europees *leis- wat 'groef (in die grond)' beteken het. Die betekenis werktuig om te skoei is Wes-Germaans.[2]
Hulp:IPA: [lɪəs]
| Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
|---|---|---|
| Teenwoordige Tyd | ek | lees |
| Verlede Tyd | ek | het gelees |
Om inligting wat deur simbole en tekens van 'n sekere skryfstelsel en taal geformuleer is, te ontleed.
Om simbole en tekens van 'n sekere skryfstelsel en taal hardop uit te spreek.
Toe hy klaar die koerant gelees het, was hy ongelukkig oor die gebrek aan feite daarin.
Die juffrou verwag dat elke kind ten minste een keer 'n week voor die klas lees.
Oorganklike werkwoord.
| Hulpwerkwoorde | Bedrywend | Lydend |
|---|---|---|
| Onvoltooid | — | word |
| Voltooid | hê | wees |
Die voltooide deelwoord kan attributief gebruik word.
| Vertalings: lees | |
|---|---|
| Engels: read(en) Japannees: 読む(ja) | Nederlands: lezen(nl) Russies: читать(ru) |
'n Lees
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| lees | leeste |
(gereedskap) 'n vorm, gewoonlik van metaal. waarop skoene vervaardig of herstel kan word.
skoenmaker, hou jou by jou lees -- waarskuwing dat iemand hom/haar nie met iets waarvan hy/sy niks weet moet bemoei nie.
op dieselfde lees skoei -- op dieselfde manier doen.
| Vertalings: lees |
|---|
| Engels: last(en) Nederlands: leest(nl) |
Meer inligting
Sien Wikipedia vir meer inligting oor lees.