rug - Wikiwoordeboek (original) (raw)

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.

'n Mens se rug.

Afrikaans (af)

Enkelvoud Meervoud
rug rûe, rugge
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
ruggie ruggies

IPA: [rœx], meervoud: [ˈrœːə̃s, ˈrœgəns, ˈrœgə̃s]

رِوخْ , meervoud: رِوگِی , رِوئِی

(anatomie) Agterste deel van die romp van mens of dier wat teenoor bors of buik lê.

Hy het gekla van ’n seer rug en stywe nek, asook ’n sensitiwiteit vir lig en ’n geraas.

«Soos water op 'n eend se rug.»

Dit steur nie vir hul daaraan nie.

Vertalings: rug
Duits: Rücken(de) m Engels: back(en) Esperanto: dorso(eo) Frans: dos(fr) m Nederlands: rug(nl) m Pools: plecy(pl)

Die rug van die Drakensberg-amfiteater.

Enkelvoud Meervoud
rug rûens, ruggens

Kim, boonste deel van 'n rant of berg.

'n Argipel of eilandgroep is 'n ketting of tros van eilande wat dikwels langs 'n oseaniese rug of vulkaniese warmkol gevorm is.

Vertalings: rug
Duits: Bergrücken(de), Rücken(de) Esperanto: kresto(eo), montokresto(eo) Engels: ridge(en)

Kategorieë: